Om te teken, in te kleur en te skryf vereis dat my handjies en ogies sterk genoeg is en goed saam werk.
Wanneer kinders begin skryf is die proses en patroon so min of meer voorspelbaar. Tipies begin babas op ongeveer 18 maande krabbel, maar op hierdie stadium is die baba se lyfie, handjies en ogies nog baie onvolwasse en die hooffokus is liewer op die proses en nie op die eindproduk nie. Die jong kind geniet dus die aktiwiteit en verkies 'n gemaklike uitgangsposisie (soos op die vloer, teen die muur) en 'n skryfbehoefte wat dik is en goed werk. Wissel tussen koukies, pastelle, kryte, verf met vinger, sponsie, kwas enso. Laat die kind skrabbels en krabbels maak!
Die kind leer om sy lyfie, handjies en ogies se onderskeie vaardighede te ontwikkel. Dus kan samewerking tussen effektiewe postuur, slim-sterk handjies en flink ogies, sien en sinmaak om uitvoering te beplan en te kontroleer.
Nadat daar vir 'n periode lank goed en gereeld gekrabbel is, kan reguit lyne bekendgestel word. Kinders begin tipies om vertikale en horisontale strepies en lyne asook sirkels te teken. Daarna kan kombinasies van reguit lyne, soos kruise (+), vierkante en reghoeke aangeleer word. Tussen in diagonale lyne en later x'e (x), driehoeke en diamante, ...in min of meer hierdie volgorde






