Die visuele sisteem: my ogies sien & ek maak sin
Ogies is die reseptore van die visuele sisteem.
Ogies kan sien, wat bepaal word deur visueleskerpheid. Dus hoe goed ek kan sien sodat ek randte, kleur, grootte, vorm en posisie kan onderskei.
Ogies kan beweeg, wat bepaal word deur oogkontrole in my visueleveld. Dus kan ek 'n teiken op/af, links/regs, diagonaal, in sirkels en oor die denkbeeldige midlyn van my lyfie volg. My ogies werk goed saam as 'n span, hulle kan vinnig en spesifiek van een teiken na 'n ander kyk, en my ogies kan fokus behou op 'n teiken terwyl my kop beweeg.
My brein registeer wat ek sien en hoe my ogies beweeg. Die brein maak dan sin van die informasie sodat jou kind akkuraat op ander mense, die omgewing, speel- en leergoed kan reageer; soos byvoorbeeld om te klim, bou, kaartspeletjies, teken, kleur te pas, vorms te identifiseer, nommers te benoem, letters/woorde te lees of om objekte te groepeer/tel. Visuele persepsie vorm onder andere die fondasie vir lees, skryf en sommetjies maak.
Die visuele sisteem is die motiveerder vir gedrag, die baba sien iets, reageer daarop en wil daarheen beweeg en interaksie inisieer. Dan monitor die visuele sisteem wat jy doen en lei eers die beweging totdat die kind voldoende kontrole bemeester en self op 'n punt kom waar ons byvoorbeeld kan skryf, knope of veters vasmaak, skink, skep, onsself voer, balvang en -skop.
Die spesifieke proses van sien en sinmaak word visuele persepsie genoem en bestaan uit verskeie aspekte wat saamwerk om effektiewe en akkurate response tydens spel of by die skool te fasiliteer.
Soos die volgende klompie:
1) Visuele konstantheid
2) Figuurgrond
3) Posisie in ruimte
4) Ruimtelike verhoudings
5) Visuele geheue
6) Visuele analise en sintese


