Kolletjies & Patrone

Fyn beplanning en koördinasie tussen ogies en handjies is nodig om eendag goed te skryf. Wanneer die basiese komponente soos postuur, oogbewegings, balans, koördinasie en handfunksie bemeester word, voorsien dit die regte agtergrond vir visuele persepsie, motoriese beplanning en visueel motoriese integrasie om te ontwikkel.  Sodoende kan later aandag gegee word aan akkuraatheid, spoed en skeppendheid. 



Hier is 10 werkblaaie wat, afhangende van blootstelling en belangstelling, sommige kinders van 4/5 jaar oud af sal begin geniet.  Kyk hoe vaar jou kind, watter ontwikkelingstakies integreer tans en wat het jou kind nodig om na die volgende klippie te spring. 




 


Begin met een rytjig op 'n dag, paar maal per week. Kyk hoe jou kind reageer. Hou dit positief. Begin eers net gesels oor wat julle op die papier sien, krabbel en kleur sommer saam in terwyl julle praat. Voorsien verskeie en verskeidenheid oefen- en leergeleenthede; werk teen vertikale oppervlak, op magie op die mat, staande en sittend by 'n tafeltjie; voorsien khokis, kryte, pastelle, potlode (maak seker die dikte van die skryfbehoefte dik genoeg om die kind se hand goed te ondersteun - vra raad indien jy twyfel).


Kontak Speelkamer via Facebook vir elektroniese dokumente. Terme en Voorwaardes. Afrikaans & Engels beskikbaar.