Sirkels, ringe & kringe

Begin by die eerste Speelkamer Sirkels en werk deur die 12 werkblaaie, herhaal dit as julle kan! Julle sal later in die ontwikkelingsproses, wanneer dit by handskrif kom, verstaan waarom dit so belangrik is om sirkels reg te vorm. Wees kreatief en gebruik verskillende skryfbehoeftes (vingers, sponsies, high-lighters, witbord- en dik koukies, pastelle, kryte, dik potlode) en uitgangsposisies (op vloer, onder tafel, teen muur/spieël/yskas). Gebruik die werkblaaie se prentjies en tekentjies om te gesels en om 'n paar eenvoudige idees en ander konsepte ook aan te wakker.