Daar is 26 letters in die alfabet.  

Al die lettertjies van die alfabet sit op die gras...sommige het lang nekkies wat in die lug op gaan, soos kameelperdnekkies, en sommige het lang stertjies wat in die gras hang, soos aapatertjies. Meeste van die lettertjies is vet soos varkies en pas netjies tussen die twee lyntjies in.