L is vir Lente
Druk die Letter Ll Lente Tema Prentjie. Soek die prentjies en luister na die klankies.
Oefen om die letter Ll te skryf
Kyk waar in die blokkie begin die lettertjie en maak geluidjies om die ritme te hoor en voel: "af" vir die kleinlettertjie & "af, na regs" vir die hoofletter. Skryf op die spieël, met skuim in die bad, in die sand en pak dit uit met kolletjies of klippies. Gebruik die werkblaaie saam met die Tema om die prentjies met woordjies te verbind. Vir ouer maatjies kan die Woorsoek en Blokkiesraaisel ook gebruik word.





