Om te tel is net 'n rympie met 'n volgorde & ritme. Mammas, begin dus hier en ontwikkel nommerkonsep.

  • Maak seker dat die kind kan tel, hy ken dus die tel rympie se volgorde en ritme (begin met 123)
  • Die kind kan selfs agteruit en in ander tale tel 
  • Tel eie en ander se neusie, ore, vingertjies, tone (betrek die lyfie deurlopend by die aanleerproses van nommers)
  • Begin met die konsep van een in vergelyking met twee (1 appel vir jou, 2 vir my)
  • Gebruik 'n verskeidenheid van objekte om te tel en groepeer, gebruik objekte van die kind se voorkeur
  • Vermeerder stadig en sistematies soos die kind bemeester
  • Pas/groepeer hoeveel is dieselfde (5 vingertjies en 5 lekkertjies en 5 rand muntstukke en 5 blokkies)
  • Maak seker die kind weet hoe lyk die nommer se simbool (bring op 'n later stadium ook die nommer se getalnaam in)
  • Verseker dat nommertjies van die heel begin af op die korrekte manier gevorm/skryf word
  • Pas, identifiseer en benoem elke getalsimbool deur flitskaart speletjies
  • Pas, identifiseer en benoem die getalsimbole met dieselfde hoeveelheid getal groepie (simbool 2 met twee skoene)
  • Gebruik Speelkamer Nommerkaarte en Nommerlyn teen kamermuur en by die tafel
  • Leer en verstaand die konsepte meer/minder
  • Leer en verstaan die konsepte na/voor
  • Gebruik 'n verskeidenheid mediums (klei, verf, sand, skeerroom, stokkies, jellie, rys, toutjies)
  • Varieer pen (dik witbordmerkers/koukies, kryte, pastelle, verfkwas/spons, bordkryt)
  • Varieer papier (spiëel, witbord, swartbord, karton, koerant, servette, blare)

Meeste van als, verseker sukses en geniet dit!  

Druk Speelkamer 123 Nommerkaart twee maal uit en knip op. Ontdek en ontwikkel speletjies wat nommerkaarte pas, nommers identifiseer en benoem. Gee aandag aan die visuele aanmoedigings op die nommerkaarte, soos waar die nommer begin en waar hy eindig (trek weg by groen, stop by rooi).