Visuele persepsie: Posisie in ruimte
Posisie in ruimte is een van die aspekte van Visuele persepsie en stel ons instaat om die spesifieke posisie van 'n objek, vorm, nommer of letter in verhouding tot my eie lyfie te sien en sin te maak daarvan. Dus die ruimtelike oriëntasie van een ander item soos ek dit ervaar met my lyfie as verwysingspunt. Dit speel 'n belangrike rol om latere nommertjies en lettertjies in hul korrekte posisie kan sien, lees en skryf. Soos b/d/p/q, of f/t, of wanneer kindertjies nommertjies/lettertjies verkeerdom skryf.
Kyk waar jou kind op die oomblik funksioneer deur Waar die die hond Speelkaarte, met die bekende prentjie van 'n hondjie (bron verloor) twee maal te druk en saam met jou kind en 'n boks te speel. Werk van daar en oefen die kind se hele lyfie in elke term/konsep. Let op dat jou kind die aksie kan naboots, uitvoer op instruksie en terug vertel waar hy is of vir jou verduidelik waar om weg te kruip.
Bou speelkaarte en werkblaaie kreatief in die gewone dagprogram in. Steek iets weg, sit/plak 'n speelkaart of werkblaai onder die tafel, bed; agter die gordyn, deur; teen die yskas, spieël, in en om 'n groot boks.
Gebruik Speelkamer se Waar is die beer posisie in ruimte Speelkaarte om die konsepte van op en onder aan te leer. Druk twee maal as geheel en bespreek die verskillende prentjies. Die kind kan die beertjie se onderskeie liggaamsposisies probeer namaak op die vloer (vir veiligheid nie op 'n hoë tafel nie!). Knip die kaartjies uit en ontdek kaart-, en geheuespeletjies om Speelkaarte te pas, identifiseer en benoem. Gebruik die groen linkerhandjie bo links om te leer waar is die bokant van die kaartjie.


