| Kleur word waargeneem met die ogies, maar dis die persepsie van wat ek sien, wat maak dat ek verskillende kleure kan pas, identifiseer en benoem. Dis Visuele persepsie!Die visuele sisteem, waarvan die ogies die reseptore is, aktiveer al in die baarmoeder. Op 'n min of meer sekere stadium begin die babatjie op lig sensasies buite mamma se maag reageer. Kleur wissel gewoonlik met geboorte op die swart tot wit spektrum en gou-gou kan baba blou en rooi, dan die ander kleure soos geel, groen, oranje en pers sien en onderskei. Gebruik hierdie Speelkamer Kleurkaart om speletjies te ontdek en op te maak - dis alles dieselfde kleur en dis verskillend. Begin eers as A4 kaart gebruik en gesels oor wat julle sien, en soek goedjies in die omgewing wat by elke kleur pas. Knip later in 4 kleurkaarte, en deur elkeen twee maal te druk, kan kaart-, geheuespeletjies en ander aktiwteite opgemaak word. Elke kleur kan dan later in sy drie kaartjies opgeknip word vir groter uitdagings en inleiding tot van die heel eerste lees en sigwoordjies. Speelkamer beoog om binnekort in Afrikaans & Engels uit te brei oor KlEuR, CoLoUr, yay, jy, oNs LeeR! | |