Voor en agter 

Gebruik Speelkamer se Waar is die kat posisie in ruimte Speelkaarte om die konsepte van voor en agter aan te leer. Druk twee maal as geheel en bespreek die verskillende prentjies. Die kind kan die kat se onderskeie posisies probeer namaak (onder supervisie, let op veiligheid!). Maak ook posisies na deur speelgoed katjie/objekte te gebruik. Knip die kaartjies uit en ontdek kaart-, en geheuespeletjies om Speelkaarte te pas, identifiseer en benoem. Gebruik die groen linkerhandjie bo links om te leer waar is die bokant van die kaartjie. 

Soos die kind vorder kan Speelkamer se Voor en agter werkblaaie geoefen word. Hierdie 6 werkblaaie mik om posisie in ruimte, spesifiek konsepte van voor/agter, te ontwikkel en bevorder. Voor my magie, agter my ruggie. Voor die boks/stoel, agter die tafeltjie/fietsie. Dieselfde vyf seuntjies word in verskeie posture gebruik, eers in groepies van 3 karakters per lyn, dan 4 en dan 5 soos die kind vorder. Daar is 2 werkblaaie per postuur; die een fokus op DIESELFDE en die ander op VERSKILLEND. 

Op DIESELFDE bladsye kyk die kind watter seuntjie in die ry is in DIESELFDE posisie as die stimulus seuntjie in die donkerder blokkie aan die linkerkant (eerste blokkie links).  

Op VERSKILLEND bladsye kyk die kind na al die seuntjies in die ry en identifiseer dan watter seuntjie se posisie is VERSKILLEND van die res van die seuntjies in die ry.

 

Hoe om te werk te gaan:

  • Begin altyd met die makliker en eenvoudiger werkblaaie, dit verseker sukses en hou die kind gemotiveerd. Begin dus met werkblaaie waar slegs 3 karakters per lyntjie is en vermeerder na 4 en 5 soos die kind vorder. 
  • Begin elke bladsy heel bo om hierdie sistematiese werkgewoonte te oefen. Skryf jou naam (of oefen om eerste lettertjie en meer te skryf). Gesels oor die stimulus figuur, boots die posisies na soos nodig en bespreek wat verwag word op die bladsy. Werk dan elke lyntjie van links na regs en gebruik 'n liniaal om die kind te help om op die spesifieke lyntjie te fokus. 
  • Antwoorde kan omkring word met 'n sirkel of skryf 'n ander vorm. Die kind kan ook 'n plakkertjie of klei balletjie of vingerverf of gekleurde kleeflint op die antwoord plaas. Wees kreatief. 
  • Voorsien baie positiewe terugvoer, verwys na die kind se eie lyfie as verwysingspunt en moedig die kind aan om te gesels oor wat hy sien en waarom hy 'n spesifieke antwoord kies.

Meeste van als, verseker sukses en geniet dit!